Pyn is n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potentiele weefselskade. Pyn se intensieteit kan op n skaal van 1-10 gemeet word. Pyn word die beste gemeet aan wat die pasient se dit is. Elke persoon kan pyn anders ervaar. Wanneer n persoon seer kry word spesiale weefsel senuselle, genoem nosiseptors, geaktiveer en stuur seine na die rugmurg en dan na die brein. Die stimulu word deur die neurone en glia in die brein geprosesseer. Die stimuli word deur middel van elektriese seine van een deel van die brein na n ander deel gestuur. Pyn word deur n sensoriese weg na die korteks van die brein gestuur. Die deel van die brein besluit wat om met die pyn stimuli te doen. Motoriese netwerk word gestimuleer sowel as modulerende netwerk wat endorfien vrystel wat pyn verminder. Die sensitiwiteit van die brein vir die stimulasie bepaal hoe goed jy pyn hanteer of hoe goed jou brein endorfiene vrystel. Daar is dus varieering in die brein-pyn-sisteme. Matige pyn kan behandel word sonder n voorskrif. Vir erger pyn word opioiedanalgetika wat stimulasie van pyn verminder of endorfien vrystelling verhoog. Respiratoriese onderdrukking en afhanklikheidsvorming moet gemonitor word.