In enige siektetoestande waar verhoogde bloeddruk voorkom (hipertensie) en dit verhoog die gevoel van dors, die begeerte na sout, stimuleer die vrystelling van ander hormone wat by vloeistofretensie betrokke is. Dit veroorsaak ook hartversaking. Die ooraktiewe RAAS sisteem het ‘n aanleiding tot die verhoging in die angiotensinogeen vlakke.
Die angiotensien antagoniste, het ‘n direkte effek op slegs die angiotensien sisteem van die liggaam. AOE het ‘n effek om bradikinien om te skakel na die onaktiewe metaboliete toe. Die AOE remmers kan dus ook inwerk op die bradikinien stelsel en die remming van AOE in bradikinien kan die konsentrasie van bradikinien verhoog wat inwerk op die sensoriese senu-eindpunte en pyn en ‘n droë hoes tot gevolg kan hê.
AOE kan op 2 maniere werk:
Angiotensien I, wat onaktief in die liggaam is, word omgeskakel na Angiotensien II wat ANGIOTENSIEN ll wat bind aan angiotensien ll R en veroorsaak die vrystelling van aldosteroon en ADH word omgeskakel na peptied fragment deur peptidase wat ‘n sterk VASOKONTRIKTOR, verhoog bloeddruk tot gevolg het.
Dit skakel bradikinien om na sy onaktiewe metaboliet. Bradikinien het ‘n sterk vasodilatoriese werking. Deur die AOE te rem beteken dit dat angiotensien I nie omgeskakel kan word na angiotensien II toe nie. Dit bedoel dat dit die vasokonstriktiewe eienskap uitsluit. Die AOE remmers sal dus ook die vlakke van bradikinien verhoog in die liggaam deurdat dit nie na sy metaboliete omgeskakel word nie. Daar sal dus vasodilatasie voorkom weens die verhoging in bradikinien vlakke, daarom kan daar gesê word dat dit as ‘n tweevoudige meganisme kan gebruik word.
Losartan werk op die Angiotensien II R blokkers en het effekte op die vaskulere gladdespier, hart, niere en byniere. Dit inhibeer vasokonstriksie en aldosteroon sekresie en het ‘n afname in bloeddruk en vasodilatasie tot gevolg. Die werking op die AT1 reseptore is direk, maar die inwerking op aldosteroon is indirek
Kiniene veroorsaak vasodilatasie, edeem en sametrekking van gladde spiere, sowel as pyn en hiperalgesie deur stimulering van C -vesels. Hulle word gevorm uit kininogene met 'n hoë en lae molekulêre gewig deur die werking van serien protease kallikreins in plasma en perifere weefsels
B1 en B2 bradikinien reseptore.
Verhoog Glomerulere filtrasie en Na uitskeiding
Verlaag Renien vrystelling en Aldosteroone meganisme (verlaag NA herapsorpsie) en inhibeer angiotensien II. Dit kan edeem en hipertensie voorkom.
Neprilisien is die neutral endopeptidase verantwoordelik vir die afbraak van natriuretiese peptiede in niere, lewer en longe. Die inhibereing van Neprilisien verhoog sirkulerende vlakke van ANP en BNP en veroorsaak dus natriurese en diurese. Die middel wat gebruik word is Sacubitril.
Bosentan: Vasodilatories, endotelien antagonis – gebruik vir pulmonere hipertensie.