Blog #3.2
Gee jou eie definisie van COLS:
Dit is ‘n kondisie waar die lugweg obstrukteer word a.g.v asma, brongitis, tekort aan lugvloei, of inflammasie van die lugweg.
Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem:
Chroniese brongitis: Dit is non-spesifieke COLS gekenmerk deur ‘n verhoging in mukussekresie, ‘n afname in mukosiliêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies, strukturele veranderinge in brongiale wande, chroniese hoes as gevolg van taai mukus.
Emfiseem: Dit ontwikkel gewoonlik as gevolg van rook en irritante. Emfiseem is die onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli as gevolg van strukturele skade. Lug word in die longe vasgevang wat lei tot moeilike uitaseming. Kappilêre bloedvate belemmer gaswisseling.
Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?
Om dit self te beheer: staak rook. Gebruik van brongodilatore (B2 agoniste, of anti-cholenergiese middels) is ook n breë spektrum antibiotika. Inaseming van kortikosterÏoiede vir lugvloei obstruksie. Suurstof inhalasie. Verdun mukus dmv Metielxantiene. Operasie vir swak longkapasiteit: ligte tot matige oefening.
Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?
Behandeling van brongiale asma:
Behandeling van chroniese brongitis:
In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?
Metielxantiene (Teofillien) en veral kafeïen is bekend om skeletspier kontraktiliteit te verhoog. Teofillien verbeter diafragmatiese kontraktiliteit van die respiratoriese spiere, beide in geïsoleerde spiervoorbereidings en by diere en normale mense.
Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?
Suurstofterapie is die toediening van suurstof by 'n konsentrasie van druk groter as wat in die omgewingsatmosfeer gevind word. Dit help om hipoksie teen te werk tydens n aanval. Dit help vir die kortaseming tydens COLS.