SALOMÉ WALTERS

Default profile image
----------

Blog #3.4

7 Nov 2021, 11:24 Publicly Viewable
  1. Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?

Allergieë, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lug en fisiese skade.

  1. Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

α1-agoniste (dekongestante): efedrien, fenielefrien, oksimetasolien en xilometasolien

Anti-histamiene: Difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien, broomfeniramien, loratadien, setirisien, levokabastien, rupatadien

Kortikosteroïede: Topikaal = beklometasoon, flunisolied, Sistemies = prednisoon

Mastselstabiliseerders: natriumchromoglikaat, ketotifen

Mukolitika: asetielsisteïen en mesna

Antibiotika: mupirosien en neomisien.

Divers: Soutoplossing, stoom, vlugtige olies.

  1. Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

Daar is medikasies wat direkwerkend en indirekwerkend effekte ontlok. Dekongestante gee aanleiding to dekongestie van neus slymvliese omdat dit vasokonstriksie ontlok. Hierdie medikasie word algemeen topikaal toegedien as ‘n neussproei, druppels of jellies veral om die sistemiese effekte te vermy.

  1. Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

As jy vir ‘n lang tydperk dekongestante gebruik ontstaan hierdie toestand. Permanente vasokonstriksie met gebrek van lokale bloedvoorsiening lei tot skade aan die neus slymvliese met permanente inflammasie en swelling. Daar is ook ‘n afregulering van alfa reseptore op die bloedvate so die respons op die agoniste is minder. Kortikosteroïede kan as behandeling gebruik word.

  1. Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

Eerste generasie is multipotente kompenterende antagoniste wat muskariene reseptore blokkeer. Hierdie blokkade van muskariene reseptore lei tot ‘n afname in sekresies van hoë en lae lugweë. Hierdie middels word dikwels in verkouepreparate gebruik om rinoree te stop. Die tweede generasie is bruikbaar by lang- of korttermyn behandeling van allergiese rhinitis en blokkeer nie muskariene reseptore nie wat voordelig is omdat dit nie sedasie veroorsaak soos by eerste generasie nie. Dit kan nie by verkouerinitis gebruik word omrede histamien nie ‘n rol speel by die toestand nie en dis al waarop tweede generasie inwerk.

  1. Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

Kortikosteroïde is bruikbaar by allergiese rhinitis en word topikaal as ‘n neussproei toegedien. Anti-allergiese middels is ‘n profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word toegedien as ‘n neussproei. Mesna is ‘n mukolitika en is veral ideaal wanneer die nasale sekrete taai is en word toegedien as ‘n neussproei (topikaal). Normale soutoplossing is verkies by kinders want dit is baie veilig en effektief, dit bevogtig die geïnflammeerde neus slymvliese.