1. Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.
Dit is ‘n genetiese deffek wat lei tot verminderde sekresies in organe waarvan nie lugweë die meeste aangetas word. Die mukus sekresie is dik en taai en veroorsaak dat ‘n goeie plek vir bakteriële infeksies ontstaan. Hierdie infeksies gee aanleiding tot chemotakse van neutrofiele na lugweë wat dan ook d.m.v disintegrasie DNS in die mukus gaan deponeer. Die deponering veroorsaak dat die mukus nog dikker en taaier word en so ontstaan daar net weer infeksie. Dornase-alfa (rhDnaseI) gaan die eksrasellulêre DNS op die neutrofiele hidroliseer wat dan die vloeibaarheid van die brongiale mukus verbeter.
2. Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.
‘n Vroeg gebore baba se respiratoriese eenheid van die lugweë is nog nie bedek met die oppervlakaktiewe stof nie, dit vorm eers in laaste weke van swangerskap. Die oppervlakaktiewe stof is nie teenwoordig nie, dus belemmer dit die gaswisseling en die longe val plat. Suurstof wat kamertemperatuur en met lug gemeng is word toegedien om oksigenering te verseker. ‘n Kontinue positiewe druk word bewerkstellig sodat respirasie verbeter is en die alveoli oop bly. Intensiewe monitering is noodsaaklik. Eksogene surfaktante vul die longsurfaktant aan dit verlaag motaliteit en langtermyn-suurstof behoefte. Kortisoon is effektief om endogene surfanktantproduksie aan te help.
3. Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom? Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?
Dit word toegedien om hipoksie om te keer of the verhoed. Suurstoftoksisiteit kan ontstaan as suurstof in oormaat of vir ‘n langtydperk geïnhaleer word. Hierdie kan lei tot verminderde gaswisseling, hipoksie en in uiterste gevalle dood. By neonate kan dit ook retinale skade en blindheid veroorsaak
4. Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los. Watter metielxantiene word gebruik?
Dit ontstaan by ‘n premature baba wanneer die asemhaling sentrum in die medulla nog nie volledig ontwikkel is nie, so voordurende asemhaling stimulering vind nie plaas nie. Metielxantiene stimuleer die sentrale senuweestelsel (SSS) en voorbeelde wat gebruik word is kaffeïen en teofillien.