A COETZEE

Default profile image
----------

Blog#3.4

12 Nov 2021, 22:42 Publicly Viewable

Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?

  • Algemene oorsake is allergie, verkoue, chemieseof gm skade, kouelug of fisiese skade.

 

Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

  • Alfa 1 agoniste (dekongestante) - Efedrien, fenielefrien
  • Antihistamiene – Difenhidramien, prometasien
  • Kortikosteroïde – Betametasoon, prednisoon
  • Mastselstabiliseerders – Natriumchromoglikaat, nedochromielnatrium
  • Mukolitika – Mesna, asetielsistein
  • Antibiotika - Mupirosien, neomisien, topikaalbinneneusholte
  • Diverse – Stoom, soutoplossing, mentol

 

Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

  • MVW: Simpatomimetiese agente is, alfa 1 agoniste wat vasokonstriksie van die mukosale bloedvate veroorsaak, verlaag dus edeem van die nasale mukosa.

Die a-agoniste gee kan ook verdeel word in:

  • kortwerkende middels (4 tot 6 ure), bv. efedrien, fenielefrien, propielheksidrien, nafasolien en tetrahidrosolien
  • intermediêrwerkende middels (8 tot 10 ure), bv. silometasolien
  • langwerkende middels (12 ure), bv. Oksimetasolien.
  • Hulle word dus topikaal of oral toegedien – soos ʼn sproei

 

Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

  • Rhinitis medicamentosa (privinisme) en terugslagrinitis kan met oordosering van dekongestante ontstaan.  Privinisme is ’n toestand wat ontstaan na chroniese behandeling met dekongestante. Daar is gedurig vasokonstriksie met swak lokale bloedvoorsiening wat kan aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling. Persone met privinisme behoort behandeling te staak en tydelik lokale kortikoïedterapie te ontvang.

 

Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

  • Die eerste generasie antihistaminika MVW: Multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer ook muskariniese reseptore.  Antimuskariniese middels verminder die sekresies van die hoër en die laer lugweë, en kan dus by verkouepreparate ingesluit word om rinoree op te klaar.
  • Die tweede generasie antihistamiene MVW: Blokkeer nie muskariniese reseptore nie. Voordele is dat dit bruikbaar is by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis.  Aangesien histamien geen rol by verkouerinitisnie speel nie, maar wel bradikinien, help hierdie middels nie om verkouerinitis op te klaar nie.

 

Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

  • Die gebruik van Anti-allergiese middels is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word toegedien in ‘n neussproei vorm.
  • Kortikosteroïde word gebruik teen allergiese rinitis en is in die vorm van ‘n neussproei.
  • Mesna word gebruik wanneer die nasale sekrete taai is by rinoree en rhinitis en is in die vorm van ʼn topikale mesna (neursproei).
  • Normale soutoplossing is die eerste keuse vir mucus verdunning, stoom inhalasies is effektief.