ANTOLIZE SCHOEMAN

Default profile image
----------

A Schoeman

25 Feb 2021, 15:42 Publicly Viewable
  • Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

Potensiaalafhanklike en Ligandbemiddelde ioonkanale

  • Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandbemiddelde ioonkanale.
  1. Ligandbemiddelde ioonkanale is nie ioonspesifiek nie en potensiaalafhanlike ioonkanale is ioonspesifiek.
  2. Hulle verskil t.o.v. posisie op die neurone: ligandbemiddelde ioonkanale word gevind op neurone se dendriete en selliggame waar potensiaalafhanlike ioonkanale op neurone se aksone gevind word.
  3. Ligandbemiddelde ioonkanale is transmembraankomplekse en potensiaalafhanklike ioonkanale is membraanpotensiaal sensitief.  
  • Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

      Ionotropiese reseptore:

  • GABA A
  • EAA
  • Nikotinies
  • Serotonien 5-HT3

Metabotropiese reseptore:

  1. Adenielsiklase sisteem
  • Dopamien 1+2
  • Alfa 2
  • Beta 1+2
  • Muskarinies 2
  • Serotonien 1A+B
  • GABA B
  1. Fosfolipase sisteem
  • Muskarinies 1
  • Alfa 1
  • Histamien 1
  • Serotonien 5-HT2
  • Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

EPSP is eksitatoriese postsinaptiese potensiaal bv. nikotiniese reseptor. Dit is die depolariserende verandering in membraan potentiaal van ‘n postsinaptiese sel teweeggebring deur die instroom van positiewe ione in die sel in.

IPSP is inhiberende postsinaptiese potensiaal bv. GABA A reseptor. Dit is wanneer die selmembraan meer negatief gemaak word a.g.v. ‘n hiperpolariserende stroom.  

  • Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Kalsium aktiveer die vrystelling van neurotransmitters deur die sinaptiese vesikel eksitose te stimuleer. Hierdie neurotrasmitters word in die sinaptiese spleet vrygestel en ontwikkel dan ‘n sinaptiese potensiaal.