Anterograde amnesie: Die pasiënt kan nie gebeure onthou tydens die werkingsduur van die geneesmiddel nie.
Medikasie wat dit veroorsaak:
Lae dosis bensodiasepiene verlaag dus die kans vir anterograde amnesie, waar hoër dosisse die kanse verhoog.
Die effekte van die sedatief- hipnotiese middels op die normale slaappatroon en die belang daarvan op die pasiënt:
Watter Sedatief-hipnotika as aanvullende terapie in anestesie gebruik word:
Hoë dosisse onderdruk die senuweestelsel tot die punt wat bekend staan as Fase 3 of algemene anestesie. Lipofiliese middels kruis maklik die bloed brein skans en het dus baie vinnige weefsel redistribusie wat die duur van die geneesmiddels verkort. Die bensodiasepiene kan aanhoudende post-anestetiese respiratoriese depressie tot gevolg hê as gevolg van hul lang halfleeftyd asook die vorming van aktiewe metaboliete, wat deur die gebruik van Flumazenil omgekeer kan word.
Sedatief-hipnotika wat gebruik word vir antikonvulsante:
Verspreidng en ontwikkeling van die epileptiform in die senuweestelsel te inhibeer.
Meganisme van die spierverslappende effekte van sommige karbamate en die bensodiasepiene:
Die werkingsmeganisme van karbamate is dat hulle die polisinaptiese reflekse inhibeer, asook die internuniale transmissie. Barbiturate verleng die periode waar die kalsium kanale oop is, waar Bensidiasepiene die hoeveelheid kalsium kanale wat oop maak verhoog.
Die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsel:
Respiratories : Onderdrukking in pasiënte met long siektes en van van medullêre respiratoriese sentrum.
Kardiovaskulêr: Pasiënte met hartsiektes kan kardiovaskulêre onderdrukking ervaar. Toksiese dosisse kan miokardiale saamtrekbaarheid en vaskulêre toon onderdruk.