LOUIS VLOTMAN

Default profile image
----------

Blog #5

19 Mar 2021, 15:41 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Wat beteken dat ‘n beperkte hoeveelheid van die ko-ensiem NAD beskikbaar is. Alkohol word dus teen ‘n konstante tempo gemataboliseer in die liggaam, ongeag hoeveel ingeneem word.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

  • Alkoholdehirogenase:

Word gebruik om lae en matige hoveelhede alkohol te verteer. Beperkte NAD ko-ensieme wat lei tot ‘n zero-orde kinetika en alkhohol 7-10g/h verteer.

  • MEOS:

Hierdie weg verteer hoër konsentrasies alkohol- meer as 100mg/dL. MEOS aktiveer met chroniese alkohol gebruik dit kan geïnduseer word en gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie.

Albei weë se eindproduk is asetaldehied.

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene, Hipoglisemiese GM

Aldehieddehidrogenase word gerem deur die bg. Middels wat ‘n opeenhoping van Asetaldehied wat simptome van hoofpyn en naarheid. Selfde newe effekte as teveel drink Hung-over effek.