LOUIS VLOTMAN

Default profile image
----------

Blog #6

19 Mar 2021, 16:47 Publicly Viewable

Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

MEOS word geprikkel na gebruik an chroniese alkohol gebruik. Ensieme word geinduseer wat lei tot meer alkhol wat verteer word oor tyd.

Reseptor sub-sensitiwiteit ontstaan agv die reseptore wat konstant kompenseer vir al die alkohol stimulasie.

Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Lewerfunksie neem af wat kan lei tot simptome van lewersirrose en/of hepatitis. Glukoneogenese vind ook in ‘n verlaagde vlak plaas wat aanstoot tot hiperglukemie en vetakkumulasie kan gee. Dit veroorsaak ook verhoogde lewermikrosomale ensieme wat geneesmiddel interaksies kan verhoog.

Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

As gevolg van chroniese alkohl gebruik word die senuwees in die SSS beskadig. Omdat daar ‘n tekort aan Tiamien is. Dit kan simptome soos verwarring, gesigspier paralise en bewegingsteurnisse verooksaak.

Dit kan deur parentale toedienning van Tiamien (vit B1) deur pille of inspuitings.

Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Die sindroom ontstaan wanneer ‘n swanger vrou veral in haar eerste trimester chroniese alkohol gebruik. Die alkohol gebruik meng in met die kind se groei en ontwikkeling wat lei tot van die volgende gebrekke en/of simptome by kinders:

Verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea.

Die brein van ‘n FAS baba is ook onderontwikkeld. Daar is geen vastgestelde veilige hoeveelheid alkohol gebruik tydens swangerskap nie, en mens kan nie bepaal hoveel wanneer veilig is nie.

Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese etanol verhoog metaboliese transformasie van ander GMs. Parasetamol en chroniese alkohol saam kan hepatotoksiese metaboliet tot gevolg. Hierdie metaboliet NAPQI aan die lewerselle bind en aanleiding gee tot lewertoksisiteit. Alkohol induseer CYP 2E1.

Akute alkohol verlaag metabolisme van ander GMs. Wat lei tot ophoop van medikasie wat dan verlengde leeftyd of akkumulasies tot gevolg het.

Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

Vasodilatore, Aspirien, Middels wat SSS onderdruk, Parasetamol.