DANÉLL DOUGLAS

Default profile image
----------

Blog #12

29 May 2021, 09:17 Publicly Viewable

Naam van Blog: Blog#12

  • Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
    • TCA: Tersiere- amitriptillien, butriptillien, imipramien, trimipramien, chloorimipramien, dotiepien. Sekionder- nortriptillien, desimipramien, lofepramien, amoksapien, maprotillien.
    • MAOI’s: Tranielsipromien, Maklobemied
    • SSRI: fluoksetien, paroksetien, sertralien, sitalopram, esitalopram, fluvoksamien
    • SNRI: venlafaksien, duloxetien
    • NARI: reboksetien
    • Tetra-, Unisiklies: mianserien, mirtasepien, bupropioon
    • 5-HT reseptor moduleerders: trasodoon, vortioksetien
    • Sirkadiese Ritme Reguleerder: agomelatien

  • Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Meeste van die middels vehoog noradrenalien en serotonien konsentrasies by sentrale sinapse a.g.v. heropname remming, afbraakremming, blokkade van presinaptiese alpha2 outoreseptore.

  • Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

Die middels het n stadige aanvang van werking en kan 14-21 dae neem vir die middels se antidepressiewe effekte om te verskyn.

  • Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.

  • Effektiwiteit: TAD’e benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis terwyl die SSRI’s gewoonlik onmiddelik met volle dosis kan begin. Alhowel dit angs presenteer.
  • Newe-effekte: TAD’e is kidienagtig en blok hartgeleiding wat disritmiee veroorsaak en kan dus kardiotoksies wees. Ander newe-effkte van TAD’e is: sedasie, tremore, insomnia, anticholinergiese effekte, ortostatiese hipotensie, disritmiee, psigoses, presipiteer manie, konvulsies, massatoename, seksuele steurnisse. SSRI’s newe effekte: insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, afname in libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS, ontrekkingsimptome, kan aptyt verlaag, NIE SEDEREND NIE.
  • Veiligheid: TAD’e: akute oordosis is BAIE gevaarlik kan volgende tot gevolg he: Koma, Kardiotoksisiteit, Konvulsies. SSRI’s is veiliger om te gebruik aangesien hulle newe-effekte profiel baie beter is.

  • Hoe werk mirtasepien?

Is n NaSSA- noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant. Blokkeer alpha2      (blokkade van hierdie inhibitporiese reseptor bevorder beide NA 9outoreseptore) en 5-HT vrystelling (heteroreseptore)), 5-HT2A en 5-HT3. Blok ook H1 en alpha1. Ook indirekte stimulasie van 5-HT1A.

  • Hoe werk venlafaksien?

Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA.

  • Hoe werk agomelatien?

Die middel hertsel die liggaam se bioritmes. Primere agons op melatonien 1+2 reseptore en n antagonis op 5-HT2C reseptore.