Die gebruik van stimulante soos metielfenidaat verhoog DA en NA. Persone met ADHD het verlaagde NA en DA aktiwiteit en daarom is dit voordelig vir so ‘n persoon om dan hierdie middels te gebruik vir akademiese prestasie omrede hulle sukkel om vir lang tydperke te fokus en aandag te gee. Indien persone wat nie ADHD hierdie stimulante gebruik is daar ‘n abnormale verhoging in NA en DA wat dan aanleiding tot hiperaktiwiteit kan gee omdat daar alreeds genoeg NA en DA teenwoordig was voordat die stimulante geneem is. By pesone met ADHD kom ‘n paradoksale kalmerende effek voor.
Hierdie stimulante word ten doel gebruik om akademiese prestasie te bevorder by individu met ADHD, maar by individu sonder ADHD kan die gebruik van die stimulante ‘n nadelige effek op die brein hê. Stimulante word misbruik/gebruik sonder dat dit voorgeskryf is deur ‘n gemagtigde voorskrywer vir die rede dat dit akademiese prestasies bevorder. Die groep wat die middels vir die verkeerde rede gebruik is meestal studente en dit is ook tydens hierdie fase (adolessensie) waar daar merkbare brein ontwikkeling plaasvind. Wanneer die stimulante gebruik word tydens adolessensie in individu wat nie ADHD het nie kan dit lei tot ongewenste newe – effekte wat onderandere versteurings in die “sleep-wake cycle”, drastiese gewigsverlies en gedragsveranderinge insluit (Toich, 2017).
Bronnelys
Toich, L. (2017). Ritalin Poses Cognitive Risks to Those Without ADHD. [online] Pharmacy Times. Available at: https://www.pharmacytimes.com/view/ritalin-poses-cognitive-risks-to-those-without-adhd [Accessed 8 Jun. 2021].