Stimulante deur studente gebruik/misbruik om kognitiewe prestasie te bevorder:
Metielfenidaat (Ritalin en Concerta)
Daar is voordele sowel as nadele verbonde aan hierdie aktiwiteit. Die voordele daarvoor is dat individue wat stimulante soos Ritalin en Concerta (Metielfenidaat) gebruik in eksamens en stresvolle, besige tye van 'n semester behou hulle fokus vir 'n langer tydperk wanneer die geneesmiddel in werking in die liggaam en brein is en kry groot hoeveelhede van die werk gedoen of geleer, wat wel hulle akademiese prestasie kan verbeter of hul werkslading aansienlik verminder. Dit is veral algemeen in gebruik onder studente wat moeilike kursusse studeer waarin die werkslading aansienlik heftig ook is, sowel as by studente wat oor die algemeen sukkel om te leer en konsentreer en voel dat dit die enigste uitkoms is hoe hulle deur die werk sal kan kom.
Daar is egter nadele ook hieraan gekoppel. Metielfenidaat is afhanklikheidsvormend veral in volwassenes en daarom is dit belangrik dat die geneesmiddel nie elke dag gebruik moet word nie, en slegs in kritiese tye. By kinders word dit aanbeveel dat 'n geneesmiddel vakansie geneem word tydens naweke en skoolvakansies om die liggaam weer kans te gee om onafhanklik te raak, sodat die geneesmiddel weer dieselfde effek het wanneer dit weer begin gebruik word. Daar is ook baie newe-effekte betrokke tydens die gebruik van metielfenidaat onder andere: hoofpyn, duisligheid, slaapversteurings, tagikardie, palpitasies, aritmiee, bloeddruk en polstempo veranderinge, SVK, droee mond, veluitslag, koors, gewrigspyne en 'n verlies aan eetlus. Die geneesmiddel is gekontraindikeerd by pasiente wat 'n geskiedenis van middelmisbruik en alkoholisme het.
Ander:
Daar is ander tipe stimulante wat ook gebruik kan word om konsentrasie te verbeter soos kaffeien, nikotien en kokaien. Al die middels is afhanklikheids vormend en het ernstige newe-effekte op die liggaam. Dit gee die individu 'n "high" vir die tyd van gebruik en baie selfvertroue en motivering, maar wanneer die "high" uitwerk kan daar onttrekkingssimptome plaasvind wat onaangenaam en sleg vir die liggaam is bv. tremore, insomnia, aritmiee, hipertensie, konvulsies en selfs die dood.