JAN-HENDRIK NEL

Default profile image
----------

Blog 3.5

8 Nov 2021, 10:46 Publicly Viewable
  • Sistiese fibrose is ‘n defek wat veroorsaak dat daar verminderde sekresies is in verskeie organe. Dornase-alfa word gebruik om sistiese fibrose te behandel deurdat dit die ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus hidroliseer om die vloeibaarhied daarvan te verbeter.
  • Wanneer babas te vroeg gebore word is die oppervlakatiewe stof nog nie gevorm nie dus is die gaswisseling belemmer en die baba se longe kan platval. Die behnadeling is oksiginering, suurstof word dus gebruik (kamertemeprstuur en lug word gemeng) om oksiginering te vereker. Surfaktante word by kamertemperatuur eksogeen profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul. Kortikosteroïede word dus gebruik om endogene surfactant produksie aan te help.
  • Suurstofterapie word dus gebruik om hipoksie om te keer of te verhoed. Suurstoftoksisteit veroorsaak verminderde gaswisseling, hipoksie en dood. Dit kan du sook retinal skade en blindheid veroorsaak.
  • Neonatal apnee is wanneer die asemhalingsentrum in die medulla oblongata van premature baba snog nie ten volle ontwikkel is nie en voordurende asemhaling kan so nie gestimuleer word nie. Metielxantiene stimuleer dus die sentrale senuwee stelsel. Kaffeïen en teofillien word dus gebruik.