CARLA PIEK

Default profile image
----------

Blog #1 Reseptorfisiologie

23 Feb 2021, 11:48 Publicly Viewable

1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

Ligandbemiddelde ioonkanale en Potensiaalbemiddelde ioonkanale.

2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

Ligandbemiddelde ioonknale Potensiaalbemiddelde ioonkanale
1. 'n Ligand bind aan 'n ioonkanaal wat lei tot die werking van kanale. 1. 'n verandering in membraanpotensiaal vind plaas wat lei tot die werking van kanale.
2. Geen tweede boodskappers is betrokke tydens die ontlok van 'n respons nie. 2. Tweede boodskappers in betrokke tydens die ontlok van 'n respons.
3. Ionotropiese reseptore is betrokke. 3. Metabotropiese reseptore is betrokke.

3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Ionotropiese reseptore: Wanneer 'n ligand/neurotransmitter aan 'n ionotropiese reseptor bind, word die ioonkanaal direk beïnvloed. Dus is daar geen tweede boodskappe betrokke nie. Die ioonkanaal word gereguleer deur middel van die interaksie tussen die ligand en reseptor. Wanneer die ligand dan aan die reseptore bind en die kanale open sal daar polaisasie (hiper-of depolarisasie) plaasvind wat die post-sinaptiese potensiaal beïnvloed.

Metabotropiese reseptore: Wanneer 'n ligand/neurotransmitter aan 'n G-proteïen gekoppelde reseptor op die transmembraan gedeelte van 'n neuron bind, dien dit dan as 'n "eerste boodskapper" en word die ioonkanaal indirek beïnvloed. Die G-proteïn ondergaan konformasie verandering en ontbind dan later om 'n bepaalde funksie te verrig. Die G-proteïn kan 'n respons ontlok deur die reseptor aan 'n potensiaalafhanklike kanaal te koppel. Of  'n tweede boodskapper word vrygestel, omdat die G-proteien as 'n skakel tussen die reseptor en die 2de boodskapper dien, wat dan 'n respons ontlok.

4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropiese transduksiestelsel en die ionotropiese reseptore:

Ligandafhanklike ioonkanaal reseptore

  • GABA-A
  • Nikotiniese reseptore
  • Glutamaat reseptore (NMDA, AMPA Kainate)
  • Serotonien 3 reseptore (5-HT3)
  • Bensodiasepien

Matabotropiese transduksiestelsel en metabotropiese reseptore:

Adenielsiklase sisteem se reseptore

  • Beta 1+2
  • Dopamien 1 en 2 
  • Alfa 2
  • 5-HT1
  • Muskarinies 2 en 4
  • Glutamaat mGlu1

Fosfolipase sisteem se reseptore

  • Alfa 1
  • Serotonien 2 (5-HT2)
  • M1, M3, M5
  • Histamien 1
  • Glutamaat mGlu8

5. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

EPSP: Is 'n aktiverende/eksitatoriese post sinaptiese potensiaal. Dus word 'n stimulerende effek op die post-sinaptiese potensiaal uitgeoefen. Byvoorbeeld wanneer Asetielcholien aan Nikotiniese reseptore bind, word natrium kanale geopen, depolarisasie van die potensiaal vind plaas en daar word 'n aktiverende effek t.o.v. die sentrale senuweestelsel uitgeoefen.

IPSP: Is 'n inhiberende post sinaptiese potensiaal. Dus word 'n inhiberende effek op die post-sinaptiese posensiaal uitgeoefen. Byvoorbeeld wanneer GABA aan die GABA-A reseptore bind, word die chloried kanale geopen hiperpolarisasie van die potensiaal vind plaas en daar word 'n inhiberende effek t.o.v. die sentrale senuweestelsel uitgeoefen.

6. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Kalsium ione stimuleer die vrystelling van neurotransmitters binne in die sinaptiese spleet, wat veroorsaak dat die sinaptiese blasies meng met die pre-sinaptiese membraan. Tydens die proses word 'n post-sinaptiese respons ontlok deurdat die neurotransmitter aan die reseptor bind. 'n Spesifieke respons word deur 'n spesifieke reseptor ontlok.