ARINA JUYN

Default profile image
----------

Blog #1

24 Feb 2021, 15:43 Publicly Viewable

 

1. Watter tipe ioonkanale word op senuselmembrane gevind?

Potensiaalafhanklike en Ligandafhanklike ioonkanale

2. Noem 3 verskille tussen potensiaalafhanklike en ligandafhanklike ioonkanale.

WERKING

Potensiaalafhanklike ioonkanale: Veroorsaak veranderinge in membraanpotensiaal. Dit dra ‘n sein oor vanaf die selliggaam na die terminal (indirekte werking)

Ligandafhanklike ioonkanale: Binding van ligand of neurotransmitter aan ioonkanale veroorsaak transduksie (direkte werking)

RESEPTORE

Potensiaalafhanklik: Metabotropiese reseptore

Ligandafhanklik: Ionotropies reseptore

PROSES EN SPOED

Potensiaalafhanklik: Twee prossese a.g.v die G-proteien 2de boodksappers in die potensiaalafhanklike ioonkanaal se werkingsmeganisme. Vat langer as ligandafhanklike ioonkanale.

Ligandafhanklik: Geen tweede boodskapper betrokke nie, dus is dit ‘n een stap proses en verloop vinniger as die van potensiaalafhanklike ioonkanale.

3. Vergelyk ionotropiese en metabotropiese reseptore.

Metabotropiese Reseptore

Ionotropiese Reseptore

Indirekte werking

Direkte werking

7 soorte Transmembraan G-proteiengekoppelde reseptore

GABAa, nikotinies, EAA en 5-HT3

Metaboliese veranderinge

Open ioonkanale

Kom voor by Potensiaal bemiddelde ioonkanale

Kom voor by Ligansbemiddelde ioonkanale

4. Klassifiseer die SSS reseptore in ionotropiese en metabotropiese reseptore en ken die transduksiemeganisme van elke reseptor.

Ionotropies

Metabotropies

GABA-A

Noradrenalien en Adrenalien

Nikotinies

Dopamien

Glutamaat reseptore:
NMDA, Kainate, AMPA

Glutamaat reseptore: mGlu1

5-HT3

Alle ander Serotonien reseptore                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                             

Muskarinies

Histamien

5. Verduidelik die verskil tussen 'n EPSP en 'n IPSP en gee voorbeelde van elk.

IPSP = Inhiberende post sinaptiese potensiaal

EPSP = Aktiverende post sinaptiese potensiaal/ Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal

D.w.s:

Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat γ-aminobottersuur (GABA) aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik die SSS gaan “onderdruk”.  Bv. In die behandeling van ‘n pasient met epilepsie (en dus verhoogte SSS funksionering), moet die SSS onderdruk word om epileptiese aanvalle te keer. In sulke gevalle sal ‘n GABA-antagonis kan gebruik word.

Aan die ander kant:

Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word, deurdat bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en hom prikkel vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer. Met ander woorde ‘n NMDA agonis kan gebruik word om ‘n pasient se SSS werking te stimuleeer, terwyl ‘n antagonis dit sal onderdruk

6. Wat is die rol van kalsium in die ontwikkeling van 'n sinaptiese potensiaal?

Dit word benodig vir die elektriese/chemise stimulasie wat lei tot die vrystelling van neurotransmitters (Stap 3 van chemiese neurotransmissie)