Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Bronnelys:
Brand, L. (2021). Sedatief-hipnotiese middels- Leereenheid 2. Pharmacology FKLG 312. Potchefstroom: NWU: Faculty of Health Sciences School of Pharmacy.
Katzung, B. G. (2018). Basic & Clinical Pharmacology. McGraw-Hill Education.
South African Medicines Formulary. (2016). Pretoria: Health and Medical Publishing Group.