Blog 6
Mikrosomale etanol oksidasie, is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie, omdat die aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik.
Perifere neuropatie: Verwarring, paralise van gesigspiere, parenterale tiamien om permanente breinskade te voorkom
Om die sindroom te verkom word parenterale tiamien toegedien.
Verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigarea. Hierdie afwyking vind plaas wanneer daar chronies alkohol ingeneem word tydens swangerskap veral tydens die eerste trimester.
Akute Alkoholisme- Dit is 'n toestand waar daar ‘n oormatige hoeveelheid alkohol ingeneem word. Akute alkoholisme is tydelik en lei tot depressie van die hoër senuweeselle, wat lei tot 'n gebrek aan koördinasie, verswakte motorbeheer, stupor, dehidrasie en naarheid. Die simptome van akute alkoholisme is hoofpyn, moegheid, angs en ander fisiese tekens.
Chroniese Alkoholisme- Chroniese alkoholisme is 'n onbeheerde situasie waar die persoon oormatige hoeveelhede alkohol op ‘ gereelde basis inneem, daaraan verslaaf raak. Hierdie toestand is baie ernstig en in hierdie stadium word die persoon verslaaf en nie in staat om die drang na die alkohol te beheer nie. Chroniese alkoholisme word gekenmerk met sielkundige, sosiale, kulturele, fisiologiese faktore, en benadeel dikwels die persoon se gesondheid en sosiale lewe.
Simptome van chroniese alkoholisme sluit in diarree, hallusinasies, anoreksie, gewigsverlies, neurologiese en psigiatriese versteurings, vetterige verergering van die lewer en ander verwante probleme. Behandeling van chroniese alkoholisme hang af van die erns van die toestand, die simptome en ander persoonlike en mediese geskiedenis.