Blog #8
Middels: |
Meganisme van werking: |
Kliniese indikasie: |
EFFEKTE VAN DIE MIDDELS: Onthou die effekte sal ook die middel bepaal wat toegedien word want sekere mense kan nie sekere diverse effekte van die middel hanteer nie. |
Halotaan (Eerste van reeks = STANDAARD) |
Balans tussen versterking van inhibitoriese en verswakking van eksitatoriese bane in SSS. (Middels versterk die inhiberende bane en verswak die eksitatoriese bane). Middels reageer met lipiedkomponent (Middels is baie lipiedoposbaar) van die selmembraan:
Verskillende neurone – verskillende sensitiwiteite Bv. Dorsale horingselle van die rugmurg is veral sensitief vir inhalasie middels, breinstamneurone redelik resistent is teen effekte van middels |
Nie meer dikwels gebruik a.g.v. hepatotoksisiteit en nuwer middels. |
SSS : Vinnige gladde induksie, Stadium 2 = afwesig, serebrale bloedvloei + verhoogde intrakraniale druk Outonoom : Bradikardie KVS: Bloeddruk verlaag, Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van KA`e Respiratoriese stelsel :Nie speeksel-brongiale sekresies of hoes nie.
Muskuloskeletaal: “MUSCLE TWITCHING” Skeletspierverslappende effekte Stadium III Verhoog werking van nie-depolariserende effekte Verminder werking van depolariserende effekte (M.a.w. middle soos suksinielcholien) Post-operatiewe bewerasie → hipoksie Uterus: Verlaagde spierkontraksie wat eksterne draaiing van baba veroorsaak. Lewer : Hepatotoksies, word deur die lewer gemetaboliseer. |
Enfluraan |
Nie meer so dikwles gebruik nie, maar wel vir intandhouding. |
SSS : Vinnige, gladde induksie KVS : Nie sensitisering van miokardium, Respiratories: Meer verlaging as halotaan. |
|
Isofluraan |
Meer ideale middel as halotaan en enfluraan. Het laasgenoemde 2 hoofsaaklik vervang. Nie by pasiënte wat spontaan moet asemhaal. Hoofsaaklik instandhouding |
SSS: Vinniger induksie + herstel as halotaan KVS : Minder bloeddruk verlaging as halotaan + enfluraan Respiratories :Potente onderdrukkende effek.- Versterk agv potente skeletspierverslappende effek.
|
|
Desfluraan |
NIE INDUKSIE NIE, WEENS DIE IRITERENDE EFFEK OP DIE RESP. SISTEEM - eerder instandhouding.Nog meer ideaal as isofluraan of sevofluraan. Potensiaal om vir verskeidenheid sjirurgiese prosedures gebruik te word |
SSS : Nog vinniger induksie + herstel as isofluraan verhoog serebrale bloedvloei en intrakraniale druk. KVS :Minder bloeddruk verlaging as halotaan + enfluraan
Resp : Skerp reuk, irriterend in lugweë, as induksiemiddel, veroorsaak hoes, asemnood en laringospasma (Daarom vermei as induksiemiddel).
|
|
Sevofluraan |
Induksie en instandhouding |
Effekte soortgelyk aan desfluraan, minder irriterend vir lugweë Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers net soos die ander gehalogeneerde eters Ondergaan metabolisme + chemies onstabiel. |
|
N2O (Anorganiese gas, laggas)
|
As add middel saam met anestetika Alleenmiddel in kort tandheelkundige prosedures bv. ekstraksies
|
SSS : Swak anesteties, potente analgetikum, amnesia. KVS : Geen effek Resp : Suiwer N2O→ hipoksie (Suurstoftekort), meng dus altyd net suurstof of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie uit bloed na alveoli, Verlaagde suurstofdruk veroorsaak hipoksie. Geen skeletspierverslapping |
|
Metoksiefluraan |
|
|