Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?
Die volgende middels meng in met die Pil se metabolisme; Carbamazepine, Oxcarbazepine, Perampanel, Phenobarbitone en phenytoin. Die implikasies wat dit lewer is dat dit die effektiwiteit van die Pil verlaag wat kan lei tot ‘n verhoogde ongewenste swangerskap syfer. Dit kan ook fetale newe effekte hê en teratogeniese oorsake lewer.
Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?
Lamotrigine, Valproate, Gabapentin, Leviteracetam and Vigabatrin.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?
In neonate word middels stadiger gemetaboliseer dus beteken dit dat laer dosise gegee moet word. Kinders en adolosente het vinniger metabolisme en moet dus hoër dosise gegee word. Geriatriese pasiente het ‘n baie stadiger metabolisme en laer dosise moet gegee word, veral indien hulle lewer of nier inkorting het.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
In die gevalle waar proteienbinding plaasvind, bv. in gevalle waar proteienbinding geaffekteer is deur siektes soos lewer siektes, brandwonde, swangerskappe, wanvoeding.