LOUIS VLOTMAN

Default profile image
----------

Blog #10

9 Apr 2021, 21:03 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme

  • Middels wat dopamien aktiwiteit bevorder.
  • Middels wat asetielcholien aktiwiteit verlaag.

 Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amatadien is ‘n metaffinoiede pottensieerder van dopamien. Die sintese en vrystelling van dopamien word verhoog. Heropname va dopamien word ook geblokkeer en het n anticholinergiese werking. Amatadien antagoneer ook NMDA. 

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

  • MOA-B inhibeerders: dopamien se metabolisme word onderdruk en dus verhoog die vlakke van dopamien in die SSS
  • Salfinamied: verhoog die dopamien aktiwiteit (omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibisie van dopamien heropname) en verlaag die glutamaat vrystelling. 
  • Istradefillien: antagoneer adenosien A2
  • KOMT remmers: Dit verhoog Dopamien deur KOMT te blok. KOMT metaboliseer L-Dopa na 3-O-Metieldopa. KOMT kompiteer met L-Dopa vir transport, daarom as KOMT geblok word is meer L-Dopa.

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate: Broomkriptien

Nie ergot derivate: Pramipeksool, Ropinirool

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

  • Broomkriptien: Dopamien 2
  • Ropiniroool: Dopmanien 2
  • Pramipeksool: Dopamien 3

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Rasagelien en Selegillien- Dit verlaag die siekte se progresiwieit

 Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Hierdie middels onderdruk die metabolisme van dopamien wat lei tot die oorsaak dat dopamien vlakke in die SSS toeneem. 

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

Dit verhoog Dopamien deur KOMT te blok. KOMT metaboliseer L-Dopa na 3-O-Metieldopa. KOMT kompiteer met L-Dopa vir transport, daarom as KOMT geblok word is meer L-Dopa.

Hoe werk Istradefilien?

Antagoneer adenosien A2. Adenosien inhibeer D2 se funksie.

Bespreek die werkingsmeganisme van Safinamied

Verhoog die dopamien aktiwiteit deur omkeerbare inhibisie van MOA-B en die inhibisie van dopamien heropname

Verlaag die glutamaat vrystelling.