1. Bespreek die moontlike werkingsmeganisme van lituim
Dit beinvloed 2de boodskapper sisteme deur die verlaging van verskeie ensieme wat noodsaaklik is vir die omskakeling en hersirkulasie van membraanfosfoinositiede.
2. Wat is lituim se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan ?
Terapeutiese indeks van 0.5-1.5 mM , bo 2mM is dit toksies .Dit is n baie klein terapeutiese indeks dus is plasma vlakke baie belangrik omdat toksiese effekte baie maklik ervaar kan word .
3. Wanneer word lituim as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word lituim gekombineer ?
Lituim word as enkel middel gebruik tydens monoterapie .Dit kan vir kombinasie terapie met ander middels gebruik word soos saam met valpraat vir gemoedstabiliseerders en saam met SSRI s vir n antidepressant effek .
4. Noem 3 kliniese betekensvolle interaksies wat lituim met ander middels kan he ?
- Dit vererger EPS as dit saam met tipiese middels soos chloorpromasien gebruik word
- Dit kan neurotoksies effekte veroorsaak as dit saam met kalsuimblokkers soos karbamasepien gegee word .
-Dit kan renale uitskeiding verhoog van lituim en so effektiwiteit verlaag as dit saam met teensuurmiddels soos natruimkarbonaat gegee word .
5. Noem die belangrikste newe-effekte van lituim ?
Tremore , sedasie , ataksie ,afasie , spierswakheid , moegheid ,poliurie , nefrogene diabetes inspidus ,tiroidvergroting ,leukositises,edeem,massatoename,aknee,alopesie en seksuele disfunksie .
6. Wat is die status van lituimgebruik tydens swangerskap en laktasie ?
Dit is gekontra-indikeerd .
7. Noem 3 ander belangrike indikasies vir lituim ?
- Vir Manie as n antipsigotika middel
- Kan as antidepressante gebruik word in bipolere versteurings
- Dit kan as n gemoedstabiliseerder gebruik word
8. Evalueer die volgende geval em motiveer jou aanbevelings volledig .
Die Camcolit wat sy drink se aktiewe bestandeel is Lituim . Die newe-effekte wat sy ervaar van massa toename ,spierbesering a,g,v spierswakheid , moegheid ,dors en naarheid kan alles toegeskryf word as lituim se newe -effekte . Die Indocid is n teensuurmiddel wat renale uitskeiding van lituim gaan verhoog en so die effektiwiteit daarvan gaan verlaag .Dus moet sy eers die Camcolit drink en n aar ure daarna die Indocid om nie die effektiwiteit te verlaag van lituim nie .