JO-ANN ANNANDALE

Default profile image
----------

Blog #13

3 May 2021, 13:51 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Die werkingsmeganisme van Li+ is dat dit die cAMP, die IP3 en die DAG 2de boodskappers beinvloed deur die verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Die terapeutiese indeks van Li+ is 0.5-1.5 mM; dus het Li+ ‘n baie noue terapeutiese indeks en kan toksiese vlakke vinnig bereik word.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Gebruik Li+ as monoterapie by die behandeling van bipolere depressie en in kombinasie saam met valproaat vir die behandeling van akute manie in die monoterapie van valproaat nie effektief is nie.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Li+ kan met NSAIMs reageer (verhoog Li+ vlakke wat toksies van aard kan wees)
Li+ het interaksies met teofillien wat ‘n verlaagde effektiwiteit teweeg bring.
Li+ reageer met Ca2+-blokkers wat neurotoksies is.

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Sedasie, tremore, ataksie, afasie
Spierswakheid, moegheid
Polidipsie, poliure, nokturie
Nefrogene diabetes insipudis
Tiroiedvergroting
Leukositose
Edeem
Massatoename
Aknee, alopesie
Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Tydens swangerskap word dit nie aanbeveel om Li+ te gebruik nie omdat dit die risiko verhoog dat die baba se hart nie behoorlik ontwikkel nie.
Tydens laktasie word Li+ deur die borsmelk uitgeskei, wat veroorsaak dat die baba ‘n hoe konsentrasie Li+ in hul bloed het.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Anti-depressant
Gemoedstabiliseerder
Skisofrenie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Camcolit, ‘n Li+ bevattende middel veroorsaak ‘n plasmavlakke van 0.8mmol/L, wat in die gewenste terapeutiese indeks val. Na haar spierbesering neem sy ‘n NSAIM, Indocid, wat veroorsaak dat die Li+ vlakke verhoog en toksiese effekte kan he. ‘n Diuretika lei tot verdere verhoogde Li+ vlakke.
Gebruik parasetamol (acetaminophen), naamlik Tylenol, om die spierbesering te behandel aangesien dit geen interaksies met Li+ het nie. Staak die gebruik van Indocid en die waterpil.