Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Dit beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskappersisteme deur die onderdrukking van verskeie ensiemewat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Terapeutiese indeks: 0,5 - 1,5 mmol/L
Kliniese belang: Dit word gebruik om episodes van manie te behandel en voorkom.
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Enkelmiddel: Vir Bipolêre steurnis en ook vir bipolêre steurnis in kinders.
Kombinasie: Met klonasepam of lorasepam vir bipolêre steurnis
Noem 3 kliniese betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
- Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM's, ACE Inhibeerders en fluoksetien: Verhoog litium vlakke en kan toksisiteit veroorsaak.
- Teensuurmiddels (bv. natrium bikarbonaat), teofillien en kaffeïen: Verhoog renale uitskeiding van litium en verlaag dus die effektiwiteit van litium.
- Veroorsaak neurotoksiese kombinasie met karbamasepien, kalsium blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen.
Noem die belangrikste newe-effekte van die litium.
Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie, nefrogene diabetes insipidus, tiroïedvergroting, leukositoses, edeem, massatoename, aknee, alopesie en seksuele disfunksie.
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
As gevolg van die baie hoë risiko vir terugval in die postpartum periode word 'n hoë terapeutiese litium vlak aanbeveel. Borsvoeding in vroue wat litium gebruik word nie aanbeveel nie, want litium gaan maklik deur van die borsmelk na die babas se bloedsirkulasie, en dit veroorsaak dat daar 'n hoë hoeveelheid litium in die babas se bloed is.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Skisofrenie, ADHD en depressie
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik: Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
0,8 mmol/L is nog in die terapeutiese indeks van litium. Indocid is 'n NSAIM en in kombinasie met litium verhoog dit die vlakke van litium en veroorsaak toksisiteit en dit is waarom sy baie gewig opgetel het, want dit is een van die toksise newe effekte van litium. Die gebruik van die "waterpil" verhoog ook die vlakke van litium en veroorsaak ook toksiese effekte soos dat sy moeg is, sedasie, polidipsie (dors bly), ook die bewerigheid wat sy voel asook die naarheid wat sy ervaar.