AMORÉ DU PREEZ

Default profile image
----------

L. du Preez (27143236)

9 May 2021, 18:31 Publicly Viewable

Blog #11

  • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
  1. Alifaties - Bv. Chloorpromasien. Lae potensie (sterk anti-cholinergiese newe effekte, min ekstra piramidale effekte en is kardiotoksies).
  2. Piperasien - Bv. Flufenasien. Hoe potensie (swak anti-cholinergiese newe-effekte, meer ekstra piramidale effekte en het lae kardiovaskulere newe-effekte).
  3. Piperidien - Bv. Perisiasien. Lae potensie (sterk anti-cholinergiese newe-effekte, min ekstra piramidale effekte en is kardiotoksies).
  • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Die mesolimbiese Dopamien-2 (D2) reseptore word blokkeer.

  • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die atipiese middels blokkeer Serotonien-2A (5-HT2A) meer as vir Dopamien-2 (D2).

  • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Dopamien-2 (D2) reseptore

  • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Die piperasien derivate (Fenotiasiene), omdat die middels n hoë potensie het en bind dus sterk aan D2 reseptore. Het 'n hoë affiniteit vir D2 reseptore en daarom hoef jy nie 'n groot hoeveelheid van die middel toe te dien nie.

  • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Alfa 1- reseptor blokkade omdat dit alfa reseptore blokkeer. Newe-effekte: posturale hipotensie en ejakulasie impotensie deur CPZ, Haloperidol en Chloorpromasien.

 

Brand, L. 2021. Anti-psigoriese middels. Leergedeelte 9. [PowerPoint Presentation]. Study Unit 9, FKLG 312. Potchefstroom, NWU.