JF STRAUSS

Default profile image
----------

BLOG 2

17 May 2021, 13:31 Publicly Viewable

Wat is anterograde amnesie en watter middels lewer hierdie effek?

  • Anterograde amnesie is die onvermoë vir 'n persoon om goed te onthou of geleenthede wat gebeur het tydens die tyd wat hulle die geneesmiddel gebruik het of die geneesmiddel steeds in hul sisteem is.
  • Bensodiasepiene.

Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese gm op die slaap patroon en verduidelik hul betekenis tot die pasiënt

  • Fase 2 van NREM neem toe.
  • Die tyd van REM neem af.
  • Fase 4 NREM neem af.
  • Latentheid van slaap neem af.

die duur om aan die slaap te raak neem af en die totale slaap neem toe.

Watter van die sedatief-hipnotiese middels word gebruik as n aanvullende terapie in anestesie? kan jy verduidelik hoekom?

  • Barbiturate: Tiopental en Methohexital
  • Benzos: Diasepam, lorasepam, midasolam. 
  • hierdie middels is lipied oplosbaar en word deur middel van IV toegedien.

Watter van die sedatief-hipnotiese middels word as anti-konvulsante gebruik?

  • Barbiturate en Benzos

Wat is die meganisme van spierverslappende effekte op van die karbamate en die bd?

  • BD middels span die inhibitoriese effekte in die sinaptiese refleks en teen 'n hoë dosering by die skeletale NM aansluiting om die verslappende effek te gee.

Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die respiratoriese en kardiovaskulêre sisteme

  • Normale dosisse kan kardiovaskulêre onderdrukking in pasiënte met onderliggende hart kondisies veroorsaak.
  • As 'n pasiënt oordoseer kan dit lei tot sirkulatoriese plat val as die miokardiale kontraktiliteit en vaskulêre tonus mag onderdruk word.