JF STRAUSS

Default profile image
----------

BLOG 4

17 May 2021, 13:58 Publicly Viewable

Natuurlike/kruie wat gebruik word vir insomnia:

  • Laventel: chemikalieë teenwoordig in laventel olie soos linaliel asetaat en linalool is chemikalieë wat maklik deur die bloedstroom geabsorbeer word. Daar word geglo dat die chemikalieë die NT inhibeer wat 'n sedatiewe en pyn verligtende effek het.
  • Chamomile: Dit is 'n samestelling van die antioksidant apigenin wat verantwoordelik is vir die kalmerende effekte van chamomile. Hierdie antioksidant bind aan reseptore in die brein wat lei tot 'n afname in angs em lei ook tot die inisiëring van slaap.
  • Velerian: Velerenic suur is samestellings wat hierin gevind kan word. Daar is gevind dat velerian met GABA interaksie in die brein het wat help met die regulasie van senuwee impulse.
  • CBD olies: Dit is die hoof kannabinoied in die dagga plant. Kannabinoiede is baie aktief wanneer dit met endokannabinoied interaksie het . hierdie interaksie help die liggaam om stabiliteit en balans te onderhou. 
  • Rooibos: Rooibos het 'n kalmerende effek op die sss. Dit is kaffeien vry. dit word voorgestel aan pasiënte met insomnia.