Wat is pyn?
Pyn is ‘n onaangename, emosionele en subjektiewe sensoriese ervaring wat gepaard gaan met werklike (trauma) of potensiële weefselskade (weefsel iskemie). Pyn word verdeel in akute pyn soos gewrig pyn, of chroniese pyn soos Fibromialgie.
Wat veroorsaak pyn?
Pyn word gewoonlik veroorsaak deur werklike (trauma) of potensiële weefselskade (weefsel iskemie). Dit is gewoonlik as gevolg van ‘n spesifieke besering of ‘n mediese kondisie, maar die oorsaak kan ook soms onbekend wees. Die besering gebeur dan is daar vrystelling van neurotransmitter en neuromodulators, sowel as stimulasie van nociceptors. Dan word dit geinterpeteer in die serebrale korteks as pyn, hierdie gebeur alles in die Ascending nociceptive pathway.
Hoekom ervaar verskillende mense pyn verskillend?
Mense ervaar pyn verskillend as gevolg van hulle toleransie teen pyn, met ander woorde party mense is meer sensitief vir pyn en dit hang alles af van hoe hulle liggaam die pyn moduleer.
Belangrike beginsels van pynhantering:
Behandeling moet oorweeg word om die persoon se pyn te verminder soos Opioïede moet oorweeg word, met min newe-effekte wat voorkom. Daar moet ook voorkom word dat akute pyn vorder na chroniese pyn. Fisiese terapie soos masering kan oorweeg word, sowel as Psigologiese terapie soos byvoorbeeld gedrag terapie en dan kan acupuncture ook oorweeg word.
Verwysing:
Die persoon word gewoonlik verwys indien die terapie nie werk nie en ‘n ander terapie probeer moet word of ‘n ander oplossing gesoek moet word.