Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee videos sal ook van hulp wees.
Pyn is die naam wat gegee word aan die onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat verwant is aan werklike of potensiële weefselskade.
Akute pyn kan somaties wees en word deur trauma veroorsaak, onder andere aan die vel, bene, gewrigte, spiere en bindweefsel. Dit kan ook visceraal wees, by intestinale organe, soos die dikderm en die pankreas, sowel as die voorkoms van renale en galblaas koliek.
Kroniese pyn word verdeel in funksionele en neuropatiese pyn. Eersgenoemde kan fibromialgie, IBS en spanningshoofpyne insluit. Senuweeskade en diabetiese neuropatie val onder neuropatiese pyn. Dit gaan verder gaan tot by kankerpyn.
Mense ervaar pyn verskillend omdat elke individu se pyndrempel (die vlak waar ‘n individu ‘n stimuli pynlik ervaar), toleransie (vermoë om pyn te hanteer), emosionele toestand en geskiedenis van pyn anders is.
Indien die pyn matig is, kan nie-voorskrif pynmedikasie toegedien word. Alternatiewe aktiwiteite, soos meditasie en joga, kan oorweeg word om pyn te verlig en hanteer.
Indien die pyn ernstig is, word pynmedikasie voorgeskryf. Opioïedanalgetika word by kroniese pyn gebruik.
Pasiënte moet na spesialiste verwys word indien pynmedikasie nie effektief is nie, sodat in diepte toetse gedoen kan word om ‘n behandelingsplan vorentoe in plek te stel.