R BOON

Default profile image
----------

Blog #12 Le 10.2

5 Jun 2021, 00:18 Publicly Viewable

Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

  1. Trisikliese antidepressante (TAD)

Tersiere amiene: Amitriptillien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien, Butriptilien.

Sekondere amiene: Nortriptilien, Desimipramien, Lofepramien.

  1. Monoamienoksidase inhibeerders (MAOI): Omkeerbaar, non-selektief: Tranielsipromien. Onomkeerbaar, MAO-A selektief: Muklobemied.
  2. Selektiewe seretonien heropname inhibeerders (SSRI)

Fluoksetien

Paroksetien

Fluvoksamien

Sertraline

Sitalopram

Esitalopram

  1. Seretonien en nordrenalien heropnameremmers (SNRI): Venlafaksien, Duloxetien.
  2. Selektiewe noradrenalien heropname remmers (NARI): Reboksetien.
  3. Tetrasikliese en unisikliese antidepressante: Mianserien en Mirtasepien.

Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Die middels verhoog Noradrenalien- en seretonien konsentrasie by sentrale sinapse deur: Heropname remming , afbraakremming  en deur presinaptiese α2 outoreseptor te blokkeer.

Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14 tot 21 dae of meer.

Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

Effektiwiteit:

TAD benodig titrasie tot effektiewe dosis

SSRI kan onmiddelike met volle en effektiewe dosis begin.

Newe-effekte:

TAD: Sedasie; Simpatomimeties: tremore, insomnia; anticholinerg: visiesteurnisse, droë mond, konstipasie, urienretensie, verwarring ;KVS: ortostatiese hipotensie, disritmieë; Psigoses, presipiteer manie; Konvulsies; Metabolies-endokrien: massatoename, seksuele steurnisse.

SSRI: Beter newe-effek profile. Newe effekte sluit in: Insomnia, tremore, SVK-steurnisse, hoofpyn, vermindering in libido, seksuele disfunksie, angs (akuut), EPS en onttrekkingsindroom.

Veiligheid: Teratogeniese eienskappe aangemeld met die gebruik van TAD en SSRI by swangerskap.

TAD oordosis is baie gevaarlik. Tien keer die daaglikse dosis kan fatal wees. Dit kan agitasie, delirium, neuromuskulêre irriteerbaarheid, konvulsies, koma, respiratoriese onderdrukking, sirkulatoriese kollaps, hiperpireksie en disritmieë veroorsaak.

SSRI: Potensiele dodelike kombinasie indien dit saam met n MAOI gegee word. Sowel as hoë toksisiteit in kombiasie met TAD en Karbamasepien.  Dit is veiliger in akute oordosis. SSRI word beter verdra by kinders of tieners en is veiliger in oordosis.

Hoe werk mirtasepien?

Dit blokkeer die inhibitoriese α2 reseptore wat beide NA (outoreseptore) & 5-HT vrystelling (heteroreseptore) bevorder. Indirekte stimulasie van 5-HT1A: angsiolities. Blokkade van 5-HT3: angsiolities, verminder naarheid. Blokkade van 5-HT2A: antidepressiewe effekte.

Hoe werk venlafaksien?

Is n SNRI. Dit blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA. Dit het n kort halfleeftyd. Dit het minder anticholinerge en kardiale newe effekte.

Hoe werk agomelatien?

MT1 en MT2 agonis en 5-HT2c antagonis. 5-HT2c-antagonisme veroorsaak disinhibisie van DA en NA vrystelling in frontale korteks dus vind DA en NA vrystelling plaas. Dit word deur die lewer gemetaboliseer en word dus gekontraindikeer by persone met lewerprobleme.