ANNECKE BOTHA

Default profile image
----------

Blog #13 (LE 11.1)

10 Jun 2021, 23:48 Publicly Viewable

Pyn

Pyn is ʼn onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade. Pyn is 'n meganisme om die liggaam te beskerm teen voortdurende besering / blootstelling aan 'n skadelike of potensieel skadelike situasie / faktore. Pyn kan verdeel word in akute pyn (“nociceptive”) en chroniese pyn (funksionele en neuropatiese pyn). Beksadiging van die senuwees veroorsaak pyn. Die senuwees wat “gestimuleer” word deur die prikkel, stuur ʼn pynimpuls na die brein, waar die inligting verwerk word en dan beleef die persoon die gevoel pyn. Pyn kan veroorsaak word deur 'n biologiese besering waar “nociceptors” optree vir seinoordrag na die brein. Die sensitiwiteit en doeltreffendheid van 'n persoon se breinbane/sisteme bepaal  hoe die persoon pyn ervaar en dit hanteer. Dis waarom party mense meer pyn as ander ervaar en sommige mense chroniese pyn ervaar wat nie behandel kan word nie en ander se chroniese pyn wel behandel kan word. Die persepsie van pyn verskil van persoon tot persoon, want dit word beïnvloed deur die pasient se gemoedstoestand, moraal/moed en die betekenis wat die pyn vir die pasiënt het. Die primere doel van akute pynhantering is om behandeling te verskaf wat die pasiënt se pyn verminder, minimale newe effekte het en die pasient nogsteeds tolaat om te funksioneer. Tweedens word gepoog om te voorkom dat die akute pyn tot chroniese pyn progresseer.