EMENY SCHOEMAN

Default profile image
----------

Blog#3.2

27 Oct 2021, 15:41 Publicly Viewable
  1. Gee jou eie definisie van COLS.

Chroniese obstruktiewe lugwegtoestande (KOLS) is ‘n kombinasie van brongiale asma, chroniese brongitis en emfiseem. Hierdie toestande gee KOLS sy kenmerke van beperkte pulmonêre lugvloei wat gepaard gaan met ‘n afname in maksimum ekspiratoriese vloei en episodes van lugvloei obstruksie (veroorsaak deur ‘n abnormal neutrophillic inflammasie en reaksie op virale infeksies) en beperkte gaswisseling, dit demonstreer ook progressiewe verandering in die brongiale wand dikte en long weefsel wat beskadig word.

  1. Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Chroniese brongitis is ‘n nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte wat veroorsaak word deur langtermyn blootstelling aan irritante. Simptome en tekens van hierdie siekte is die volgende: toename in mukus-sekresie, afname in mukosilêre opruiming, gereeld bakteriële lugweginfeksies, strukturele verander in in brongiale wand en ‘n chroniese hoes.

Emfiseem is ‘n onomkeerbare beskadiging van die respiratoriese brongioli en aveoli, hierdie veroorsaak dat lug vasgevang word in die respiratoriese ruimte en dus moeilik uitgeasem kan word, dit maak ventilasie moeilik vir die longe. Daar is ook ‘n afname in kappilêre bloedvat voorsiening wat gasuitruiling verminder.

  1. Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Ipratropium (anticholinergiese middel) is die eerste linie van behandeling. Indien dit alleen nie effektief is om verligitng te verskaf nie kan dit saam b2-agoniste of teofillien of albei die middels gegee word. Wanneer die kombinasie van al drie hierdie middels nie effektief is nie kan daar kortikosteroïede (ihalasie/oral) verskaf word maar sleg in enkele gevalle help dit. Suurstofterapie kan ook bygevoeg word om te help. Met ‘n geval van akute siekte by KOLS-lyer moet die persoon hospital toe en word behandel met fisioterapie, maksimale brongodilators en sistemiese kotikosteroïed terapie asook suurstofterapie en indien nodig anibiotika.

By spesiale gevalle waar ‘n KOLS-lyer presenter met dispnee en sputumproduksie  toename asook purulente sputum moet antibiotika gegee word. As KOLS-lyer in ‘n geval presenteer met akute respiratoriese versaking sonder pneumonie en sepsis moet kontikosteroïed gegee word vi behandeling.

  1. Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Dit is meer effektief omrede by die chroniese brongitis aspek van KOLS speel die vagusrefleks ‘n groot rol in stimulasie van irritantreseptore in lugweë wat tot gevolg het van ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel. Ipratropium is ‘n muskariene 3 antagonis in die lugweë want verhoed dat die vagusrefleks ontstaan en al die parasimpatiese effekte ontlok en dus brongokonstriksie en mukusproduksie verhoed.

  1. In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Teofillien verbeter diafragma kontraktiliteit en verminder diafragma uitputting. Dit het ook verbetering in kardiale kontraktiliteit, mukosiliêre opruiming, ventilatoriese respons op hipoksemie en verlaag pulmonale weerstand. Hierdie alles het ‘n verbetering effek en an positief bydrae to die behandeling van KOLS.

  1. Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Dit help om hipoksie te verhoed.