ANNEMI VAN DER COLF

Default profile image
ANNEMI VAN DER COLF

Blog #3.5

5 Nov 2021, 10:35 Publicly Viewable
  • Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Dit is ‘n genetiese metaboliese seikte wat laer as normaal DNase I veroorsaak. Dit lei tot lae sekresies in die liggaam en dik & taai mukus in die lugweë. Dit skep die ideale groeiplek vir bakterieë wat lei tot chemotakse van neutrofiele en disintegrasie van DNS en verdere taaiwording van mukus. Dornase-alfa hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf neutrofiele in brongiale mukus wat die vloeibaarheid verbeter.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

Dir is wanneer die oppervlakaktiewe stof in die longe van premature baba’s nog nie ontwikkel het nie wat gaswisseling belemmer an kan lei tot hulle longe wat plat val en die dood. Algehele behandeling sluit in oksigenering, kontinue positiewe lugwegdruk, kortikosteroïede en eksogene surfaktante. Kortisoon word aan die ma gegee indien sy ‘n dreigende miskraam het sodat die oppervlakaktiewe stof geïnduseer kan word in die babs voor geboorte. Eksogene surfaktante vul die surfaktant in die longe aan om gaswisseling te bewerkstellig.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?

Suurstofterapie word gegee om hipoksie te voorkom. Toksisiteit behels laer gaswisseling, hipoksie, dood, retinale skade en blindheid.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

Dit is wanneer die asemhalingsentrum in die medulla van premature babas nog nie ontwikkeld genoeg is om op CO2 stimulasie te reageer nie en dit lei tot apnee en bradikardi. Metielxantiene, kaffeïen en teofillien, word gebruik om die SSS te stimuleer en so asemhaling te bewerkstellig.