Metabotropiese reseptore
Ionotropiese reseptore
Ionotropiese reseptore
Die volgende reseptore het ligandbemiddelde transduksiemeganismes:
Reseptor |
Transduksiemeganisme (Neurotransmitter) |
GABA-A |
GABA (γ-aminobottersuur) |
Nikotinies (N) |
AcH (Asetielcholien) |
Glutamaat reseptore: NMDA, Kainate, AMPA |
Glutamaat Of Aspartaat |
5-HT3 |
Serotonien |
Metabotropiese reseptore
Hierdie transduksiemeganisme gebruik adenielsiklase as 2de boodskapper:
Reseptor |
Neurotransmitter |
β 1+2 |
NA/A (Noradrenalien/adrenalien) |
Dopamien |
D1 (dopamien), D2 |
α 2 |
Noradrenalien /Adrenalien |
5-HT1 A en B (Serotonien) |
5-HT (Serotonien) |
M2 en M4 (Muskarinies) |
AcH (Asetielcholien) |
mGlu1 (‘n Glutamaat reseptor) |
Glutamaat of aspartaat |
Hierdie transduksiemeganisme gebruik die Fosfolipase-C stelsel:
Reseptor |
Neurotransmitter |
α1 |
NA/A |
5-HT 2 |
5-HT |
M1,M3,M5 |
AcH |
Histamien1 |
H (Histamien) |
mGlu8 (Glutamaat reseptor) |
Glutamaat of aspartaat |
EPSP: Eksitatoriese post sinaptiese potensiaal
Wanneer ‘n eksitatoriese weg gestimuleer word, deurdat bv. glutamaat aan die NMDA reseptor bind en stimuleer, vind daar depolarisasie plaas wat ‘n eksitatoriese membraan potensiaal tot gevolg sal hê. Daar is ‘n toename in die ioondeurlaatbaarheid en die SSS word gestimuleer.
Bv. ‘n NMDA agonis kan gebruik word om ‘n pasïent se SSS werking te stimuleer terwyl ‘n antagonis dit sal onderdruk.
IPSP: Inhiberende post sinaptiese potensiaal
Wanneer ‘n inhiberende weg in die SSS gestimuleer word deurdat γ-aminobottersuur (GABA) aan ‘n GABA reseptor bind en die reseptor prikkel, word die post sinaptiese potensiaal gehiperpolariseer weens die selektiewe opening van chloor kanale sodat ‘n inhiberende post sinaptiese potensiaal kan ontwikkel wat uiteindelik die SSS gaan “onderdruk”.
Bv. GABA –agonis gebruik wanneer ons iemand wat epilepsie het wil behandel om sodoende die SSS te onderdruk om uiteindelik die epileptiese aanval te stop, ‘n GABA – antagonis sal tipies dan gebruik word wanneer ons die SSS-werking wil stimuleer in ‘n pasïent.
Kalsiumione wat vrygestel word stimuleer die vrystelling van neurotransmitters uit sinaptiese vesikels tot in die sinaptoese gleuf wat lei tot die ontwikkeling van ‘n sinaptiese potensiaal.