Die lipofiliteit van die Geneesmiddel. Hoe meer liopfilies n geneesmiddel is hoe makliker versprei en word hy geabsorbeer en andersom.
Herdistribusie is wanneer die middel deur middel van die brein na die res van die liggaam versprei word. Dit is belangrik om in ag te neem aangesien jy dan moet uitwerk hoeveel van die middel jy by die teiken area gaan uitkry. Dit is ook belangrik om in ag te neem in verband met newe effekte.
1. Dealkilering : vorm aktiewe metaboliete
2. Oksidasie: Sitochroom P450 is hier betrokke met aktiewe metaboliete
3. Konjugasie van geoksideerdenmetaboliet metbglukuronsuurbom onaktiewe metaboliet te vorm.
Diasepam,Chloorasepaat,Prasepam,Chloordiasepoksied en Ketasolam. Dit is belangrik want dit verleng die werkingsduur van die geneesmiddels. Dit is spesiaal dan vir pasiente wat n meer langersduur van werking van meganisme nodig het.
Oksasepam,Lorasepam,Temasepam en Lormetasepam.
Dit is voordelig by pasiente waar sitochroom aktiwiteit laag is omdat dit dadelik gekonjugeer word en nie die verlengde proses stap vir stap volg nie. Dus as die pasient vinnige aanvangswerking nodig het sal hierdie n beter opsie wees as die wat al 3 prosesse volg.
Ensieminduksie kan verduidelik word as wanneer die werking of effek van n ensiem versnel word of bevorder word. dus sal die ensiem Geneesmiddels vinniger metaboliseer na onaktiewe metaboliete. Dus sal ensieminduksie die tydsduur van die geneesmiddels laat afneem.