CHRISTINE STEYN

Default profile image
----------

Blog #5

7 Mar 2021, 10:50 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-order kinetika.  Daar is ‘n beperkte hoeveelheid NAD ko-ensieme in die liggaam teenwoordig, wat dan maak dat die alkpholdehidrogenase ensiemsisteem versadigbaar is. Hierna sal tokisiese / newe-effekte intree.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme

Alkohol (etanol) word deur twee ensiemsisteme gemetaboliseer:

1.  Alkoholdehidrogenase sisteem:

Hierdie ensiemsisteem is primêre verantwoordelik vir die metabolisme van etanol, en vind plaas met ‘n lae tot matige inname van alkohol.  Ongeag die hoeveelheid wat ingeneem word, bly die tempo van afbraak konstant.

2.  MEOS:
Die gemengde funksie oksidasie sisteem tree in met hoë konsentrasies (meer as 100 mg/dL) inname van alkohol, gewoonlik wanneer alkohol chronies ingeneem word.  Dit induseer MEOS en aktiwiteite verhoog, wat dus sal bydra tot alkohol toleransie.

Beide hierdie ensiemsisteme metaboliseer etanol na asetaldehied, waarna dit omgeskakel word na asetaat deur middel van aldehied dehydrogenase.

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Geneesmiddels soos disulfiram, metronidasool, hipoglisemiese geneesmiddels en kefalosporiene verhoed dat aldehied dehydrogenase asetaldehied omskakel na asetaat toe.  Opeenhoping van asetaldehied veroorsaak simptome soos naarheid, braking hoofpyn, hartkloppings, blosing en duisligheid.

Bron:

Brand, L. 2021. Alcohols. Study unit 3 [PowerPoint Presentation]. Unpublished lecture notes on eFundi, FKLG312. Potchefstroom: NWU.