Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Chroniese gebruik van alkohol kan MEOS induseer sowel as die aktiwiteite verhoog van MEOS. Dit is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. Chroniese alkohol gebruik veroorsaak ook dat die SSS aanpassings moet maak, en metabolisme word so verhoog omdat ‘n hoër dosis alkohol ingeneem moet word om dieselfde effek te kry. Hierdie dra by tot toleransie en afhanklikheid.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewe en lewermetabolisme?
Die lewer is die belangrikste orgaan wanneer dit kom by die metabolisme van alkohol. Chroniese gebruik lei tot progressiewe verlaging in lewerfunksie, hepatitis en sirrose. Glukoneogenese word ook onderdruk, wat hipoglukemie en vetakkumulasie kan veroorsaak. Dit veroorsaak dan dat daar nutriëntgebreke voorkom, wat opsigself weer bydra tot verminderde glukoneogenese. Chroniese alkoholgebruik verhoog verder ook die aktiwiteite van lewermikrosomale ensieme.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Dit is ‘n neurologiese effek van chroniese alkohol gebruik. Perifere neuropatie ontstaan as gevolg van ‘n tiamien (Vitamine-B1-tekort) wat ataksie, verwarring en paraliese van gesigspiere veroorsaak. Dit kan as volg verdeel word:
Behandeling: Parenterale tiamien word toegedien om permanente breinskade te voorkom.
Wat is fetale alkoholsindroom?
Die inname van chroniese alkohol tydens swangerskap wat geassosieer word met teratogeniese effekte. Fetale alkoholsindroom word veroorsaak deur etanol wat die plasenta oorkruis en die fetus bereik. Die lewer van die fetus het baie min alkoholdehidrogenase aktiwiteite en kan dus nie die etanol genoegsaam metaboliseer nie.
Karaktereienskappe van fetale alkoholsindroom sluit in intrauteriene groei vertragings, mikrokefalie, swak koördinasie, karakteristieke onderontwikkeling van middelste gesigsarea (gesig het ‘n platter voorkoms) en geringe gewrigsafwykings. Hartdefekte en verstandelike vertraging kan ook in erge gevalle voorkom.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Chroniese alkohol inname verhoog die metabolisme transformasie van ander geneesmiddels, terwyl akute inname verlaag die metabolisme van middels.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Bron:
Brand, L. 2021. Alcohols. Study unit 3 [PowerPoint Presentation]. Unpublished lecture notes on eFundi, FKLG312. Potchefstroom: NWU.