ELSUNE HOUGH

Default profile image
----------

Blog #7

12 Mar 2021, 14:56 Publicly Viewable

BLOG #7

  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon

Karbamasepien

Fenotoien

Okskarbasepien

Topiramaat

Die bogenoemde is middels wat die metabolisme van orale kontrasepsie beinvloed en het die implikasies dat groter dosisse kontrasepsie benodig gaan word en daar bykomende geboortebeperkingsmaatreels voorkom indien daar enige deurbraakbloeding is.Estrogeen het ‘n toeval aktiverende effek terwyl progesteroon ‘n toeval-beskermende effek het.Die pil se effektiwiteit word verminder.

Valproaat, Lamotrogine, Gabapentin, Leviterasetam is middels wat veilig is om saam met die pil te gebruik

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Daar bestaan individuele varasie ten opsigte van absorpsie en metabolisme van anti-epileptiese middels.Meeste middels ondergaan eerste orde metabolisme in die lewer(nie-versadigbaar)

Neonate ondergaan stadiger metabolisme en moet dus lae dosisse kry van gepaste middels.

Baba’s en kinders ondergaan vinniger metabolisme as volwassenes

Bejaardes behoort lae dosisse te ontvang hulle het verhoogde insidensie van SSS-toksisiteit , lewerfunksie en nierfunksie is ook nie meer normaal nie en dus is metabolisme van hierdie middels stadiger.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

Plasmabloedvlakmonitering is aangedui in gevalle waar middels ‘n versadigbare metabolisme het bv. Fenitoien