LOURENS KLOPPER

Default profile image
----------

Blog #5

17 Mar 2021, 13:39 Publicly Viewable
    1. Etanol is baie lipofiel en word vining geabsorbeer en versprei deur die ligaam. Gedurend vastende toestande kan alcohol ‘n piekvlak konsentrasie  binne 30min bereik. VD hang af van die totale liggamswater van ‘n persoon, 0.5-0.7L/kg. Vrouens het ‘n hoër liggaamswater as mans en veroorsaak dus ‘n groter piek konsentrasie. Alkohol word 90% deur die lewe gemetaboliseer en 10% deur die longe en uriene. Volwasse persone metaboliser alcohol teen 7-10g/h.
    2. 2 ensiem sisteme metaboliser alcohol:
      • Alkoholdehidrogenase:
        • Het lae en matige hoeveelhede.
        • Beperkte hoeveelheid NAD (ko-ensiem): Dit is die zero-orde kinetika ensiem, en vind plaas in 7-10g/h. Die tempo van afbraak bly dieselfde, ongeag die hoeveelheid alkohol wat ingeneem is.
        • Asetaldehied is die eindproduk
      • MEOS = Mikrosomale Alkohol oksidasie:
        • Gemengde funksie oksidase.
        • Die ensiemsisteem vind plaas by 'n hoë konsentrasie alkohol, wat meer is as 100mg/dL.
        • Tydens die chroniese gebruik van alkohol, verhoog die aktiwiteit van MEOS, dit is ook dan gedeeltelik verantwoordelik vir die toleransie, gedurende die chroniese gebruik van alkohol.
        • Asetaldehied is die eindproduk
    3. Disulfiram, Kefalosporien , Metronidasool en Hipoglisemiese geneesmiddels.
      Die middels inhibeer Aldehied-dehidrogenase wat veroorsaak dat Asetaldehied nie gemetaboliseer word nie en wat dan tot 'n opeenhopping lei. Newe effekte soos hoofpyn, hartklopping en naarheid kan voorkom agv ophoping.