Die metaboliese tempo van MEOS sisteem word verhoog met die chroniese gebruik van alkohol. Die ensieme word geinduseer en meer alkohol word per tydseenheid afgebreek/gemetaboliseer (100mg/dL). Sentraal senuwee stelsel aanpassings vind plaas. Reseptor subsensitiwiteit bestaan omdat die reseptor probeer kompenseer vir die aanhoudende stimulasie deur die alkohol.
Progressiewe afname in lewerfunksie, Hepatitis, Lewersirrose, Verhoogde aktiwiteit van mikrosomale ensieme in die lewer, Verminderde glukoneogenese, Hipoglukemie en Vetakkumulasie.
Die chroniese gebruik van alkohol veroorsaak perifere neuropatie in die SSS wat dan aanleiding gee tot Wernicke-Korsakoff sindroom. Simptome van hierdie sindroom sluit in ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere. Behandeling word deur parenterale tiramien om permanente breinskade te voorkom (nie altyd omkeerbaar is nie).
Dis ‘n sindroom wat ontstaan wanneer ‘n vrou tydens haar swangerskap alkohol chronies gebruik. Alkohol tydens swangerskap gee teratogeniese effekte agv die alkohol wat in die ma se bloed na die baba beweeg via die naelstring. ‘n Baba se organe is nog nie sterk genoeg om die alkohol te prosesseer nie en moet hulle ontwikkeling onderbreek om dit te probeer doen.
Akute: Dit onderdruk metabolisme en veroorsaak dus verlaagde afbraak in middels soos fenotiasiene, TAD’e en sedatief hipnotika Chroniese: Dit verhoog die metabolisme van geneesmiddels soos parasetamol
Vasodilatore, Aspirien se antikleefbaarheidseffekte, Middels wat SSS onderdrukking veroorsaak en Parasetamol.