Ek is 'n 21 jarige Valentyn's baba wat hou van oorsee toer, kos maak, sing, klavier speel, dans, sport, mode (klere), ou movies, letterkunde en ek het 'n groot passie vir my beroep. My grootste droom is om my eie apteek of farmaseutiese maatskappy oop te maak in Los Angeles of Hampstead (Londen). Ek is ook mal oor diere, buite lug, rond ry, uiteet en nuwe dinge te probeer. Ek is 'n groot ekstrovert en kan baie maklik met mense praat en nuwe vriende maak. Ek het baie goeie algemene kennis en hou daarvan om van alles te weet.
Watter anti-epileptiese middels beinvloed die pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die pil te gee?
- Die volgende middels beinvloed die pil se metabolisme wat dus die effek van die pil verlaag.
Fenobarbitoon, Karbamasepien, Fenitoien, Okskarbasepien, Topiramaat.
-Die volgende middels is veilig om saam met die pil te gebruik:
Valproaat, Lamotrigien, Gabapentin, Leviterasetam.
Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beinvloed ?
-Neonate ondergaan stadiger metabolisme.
-Baba's & kinders ondergaan vinniger metabolisme as volwassenes.
-Volwassenes se metabolisme is op normale spoed, so hul kry normale doserings.
-Bejaardes moet laer dosisse ontvang, hul metabolisme van geneesmiddels is stadiger as wat dit was.
In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?
-Swangerskap, by moontlike geneesmiddelinteraksies, om te monitor of daar enige newe-effekte is, idien aantal konvulsies nie afneem nie en by bejaarde pasiënte.