GERDA SWART

Default profile image
----------

Blog #10

8 Apr 2021, 12:37 Publicly Viewable

Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Middels wat dopamien vehoog

Midels wat asetielcholien verlaag

Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Dit is 'n metaffinoiede potensieerder van dopamien. D.w.s dit het 'n indirekte werking deur die volgende: dit verhoog die vrystelling van dopamien, dit verhoog ook die sintese van dopamien en dit blokeer die heropname van dopamien. Dit het ook 'n bykommende effek van adenonosien Aantagonisme wat adenosien keer om D2 reseptorfunksie te inhibeer.

Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

L-Dopa: Omskakeling mbv DOPA dekarboksilase na DA. Dws dit is 'n stooraanvuller vir DA.

Amantadien: Verhoog vrystelling en sintese van DA en rem die heropname daarvan.

Selegilien en rasagelien: Sellektiewe MAO-B remmers. Dws verlaagde omskakeling van DA.

Safienamied: Verhoogde DA aktiwiteit, onomkeerbare MAO-B remmers en dit rem ook die heropname van DA.

Istradefillien: Adenosien A2A antagonis.

Entakapoon: COMT-remmer, verkaag die omskakeling van l-dopa na 3OMD.

Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate Nie ergotderivate
Broomkriptien Pramipexole
  Ropinirole
  Rotigotien

Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Broomkriptien: D2

Pramipexole: D2 en 3

Ropinirole: D3

Rotigotien: D2,3,4 en 5 met 'n lae affiniteit vir D5

Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Selektiewe MAO-B remmers soos selegillien en rasagilien.  Dit velaag die progressie van die siekte deur verdere degenerasie van DA neurone te voorkom.

Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dit rem die afbraak van DA deur MOA-B wat dan die DA konsentrasies in SSS verhoog.

Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

Dit rem katesjol suurstof metiel transferase wat l-dopa na 3OMD omskakel. Dws verhoogde biobeskikbaarheud van l-dopa en beter terapeutiese respons van l-dopa. Dit verleng die werkingsduur van l-dopa en verlaag perifere metabolisme daarvan sodat daar meer beskikbaar is om oor die BBS te beweeg en na DA omgeskakel te kan word in die brein.

Hoe werk Istradefilien?

Dit is 'n adenosien A2A  antagonis. Dws D2 reseptore word nie ge inhibeer deur adenosien nie. Dit dien as add-on terapie saam l-dopa/karbidopa indien af-periodes ervaar word om meer reseptore vir DA te gee.

Beaspreek die werkingsmeganisme van safinamied

Dit het 'n nuwe tweeledige werkingsmeganisme:

Verhoogde DA aktiwiteit

Potente onomkeerbare inhibisie van MAO-B.

Inhibisie van DA heropname.

Verlaag ook die vrystelling van glutamaat.