J ZAAYMAN

Default profile image
----------

Blog #10

29 Apr 2021, 12:57 Publicly Viewable

Blog#10

  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
  • Dopamien agoniste
  • Anticholergiese middels

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

‘n Metaffinoied potensieerder van dopamien:

  • Verhoog die  vrystelling van dopamien.
  • Verhoog sintese van dopamien
  • Blokkeer heropname van dopamine.
  • Anticholinergies
  • Antiviraal

Ook ‘n NMDA antagonis

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
  • Sellektiewe MAO-B inhibeerders: Inhibeer selektief   MAO-B ensieme met die gevolg dat dopamien metabolisme onderdruk word en dat dopamien vlakke SSS verhoog.
  • Amantadien: verhoog vrystelling van dopamien en blokkeer heropname van dopamien.

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergotderivate: broomkriptien

Nie ergotderivate nie: Pramipeksool en Ropinirool

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Broomkriptien: gedeeltelike agonis op Dopamien-2 reseptore

Pramipeksool: Dopamien-3

Ropinirool: Dopamien-2

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?

Pramipeksool en selektiewe MAO-B inhibeerders word beskou as neurobeskermend, omdat dit affektiewe simptome verminder en die progressie van die siekte laat afneem.

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dit verhoog die dopamien vlakke binne die sentrale senuwee stelsel.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT-remmer:  KOMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD)

Verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse)

KOMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, ↓ perifere metabolisme, verbeterde biobeskikbaarheid

  • Hoe werk Istradefilien?

Adenosine A2- antagonis – D2 – funksie word deur adenosien geïnhibeer.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

Safinamied het 2 tipes meganismes:

  • Dit verhoog dopamienfunksie deur kragtige MAO-B- remming en dopamien-heropname remming.
  • Dit verlaag die vrystelling van glutamaat.