Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Dopaminergiese middels (verhoog dopamien vlakke) en Anticholinergiese middels (verlaag cholinergiese aktiwiteit)
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Amantadien is ‘n NMDA antagonis. Dit verhoog die vrystelling en sintese van dopamien en dit blokkeer die heropname van dopamien. Hierdeur verbeter dit die rigiditeit, tremore en bradikinese.
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Selektiewe MAO-B remmers verhoog dopamien vlakke, omdat MAO-B inhibeer word, dus word verlaag dit dopamien heropname.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate – Broomkriptien
Nie-ergotderivate – Pramipexole
Ropinirole
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Broomkriptien – Gedeeltelike agonis op D2 reseptore
Pramipexole – D3 reseptore
Ropinirole – D2 reseptore
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Selektiewe MAO-B Remmers – Selegilien & Rasagilien
Dit vertraag die progressie van die siekte.
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Dit inhibeer die MAO-B ensieme wat dopamien metaboliseer, dus verhoog die dopamien konsentrasie in die sentrale senuweestelsel. Dit is ook neuronbeskermende middels.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT-remmers inhibeer COMT ensieme wat l-dopa metaboliseer na 3OMD toe. 3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse, dus as daar minder 3OMD is, verleng l-dopa se werkingsduur en biobeskikbaarheid.
Hoe werk Istradefilien?
Istradefilien is ‘n Adenosien A2A antagonis. Adenosien inhibeer D2 funksie en meng in met GABA vrystelling.
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamie
Word gebruik om dopamien aktiwiteit te verhoog. Dit is ‘n sterk, omkeerbare inhibeerder van MAO-B ensieme. Safinamied inhibeer ook dopamien heropname en verlaag glutamaat vrystelling.