Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Baie nou terapeutiese indeks van 0,5 - 1,5nM en enige iets meer as 2 mM kan toksies wees. Dit beskik oor ‘n nou/klein terapeutiese indeks en kan baie vinnig lei tot toksiese plasma konsentrasies. Dit is a.g.v. hierdie nou terapeutiese indeks belangrik om bloed plasma vlakke gereeld te neem en ook te monitor om toksisiteit a.g.v. Litium te verhoed.
Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Litium word as enkelmiddel gebruik: Vir anti-depressiewe en anti-maniese effekte tydens akute of instandhoudings fases.
Litium word gekombineer met Valproaat vir akute maniese fase, wanneer die pasiënt nie reageer op Litium nie.
Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Diarree, kardiotoksies, tremore, ataksie, afasie, sedasie, polidipsie, poliurie, nokturie, spierswakheid, edeem, leukositose, massatoename, tiroïedvergroting, aknee, alopesie.
Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?
Die litium kan na die plasenta oorgedra word (asook in die borsmelk) en dus kan dit lei tot litium toksisiteit in die ongebore baba en abnormaliteite veroorsaak soos ʼn onderontwikkelde hart of dat die ontwikkeling van die hart van die ongebore baba geaffekteer word.
Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Die gewigstoename is ʼn newe-effek van Litium gebruik. Sedasie, moegheid, dors bly, bewerigheid en naarheid is newe-effekte van die gebruik van die diuretikum, omdat dit ʼn verhoging in watereksresie veroorsaak.
Litium het ʼn interaksie met diuretikums (verhoging in die plasmavlakke van litium- litiumtoksisiteit)- My aanbevelling is dus om die gebruik van die diuretikums te staak.
Indocid (NSAIM) saam met Camcolith gebruik kan litium plasma vlakke verhoog in die liggaam en lei dus tot litium toksisiteit- My aanbevelling is dus om die NSAIM te staak, maar om steeds aan te hou met die gebruik van Camcolith.