Hi almal, my naam is Stephanie Nicholas. Ek woon in 'n baie klein plekkie Abbotsdale in die Swartland. Ek is 'n baie hardwerkende mens, hou van uitdagings en het 'n groot liefde vir kinders. My mentoor is my mamma wat alreeds 40 jaar in die onderwys is. My jonste sussie is ook in die onderwys vir 3 jaar. Die resultate wat my mamma veral en my sussie behaal met die leerders motiveer my om ook 100% te gee vir die leerders. Ek beskou die onderwys nie as 'n werk nie maar wel as 'n roeping.
Ek is baie opgewonde oor hierdie module LSKM. Ek het nie 'n groot agtergrond van musiek nie , maar ek sal my beste doen om dit onder die kniee te kry. Sodoende kan ek die kennis wat ek opdoen weer oordra aan die leerders en 'n liefde kweek by hulle vir musiek.
Groete
Stephanie Nicholas
Dit lyk vir my ons altwee kom uit families vol onderwysers. Wat 'n voorreg! Sterkte vir die semester.