ELAINE OBERHOLZER

Default profile image
----------

Blog# 2.1

10 Sep 2021, 09:43 Publicly Viewable

‘n Migraine is bekend daarvoor dat dit gepaardgaan met naarheid en braking. Die trigeminus senuwee in die intrakraniale arteries stel peptied neurotransmitters vry. Hierdie transmitter is kragtige vasodilators. Die meganiese rekking van die vate, wat veroorsaak word deur die perivaskulere edeem, kan die oorsaak wees van die pyn wat ervaar word.

Die huidige behandeling vir ‘n migraine is serotonien agoniste, wat insluit sumatriptan, naratriptan en rizatriptan. Ergotalkaloiede, NSAIDs, beta-blokkers, kalsium-kanaal blokkers en SSRIs kan egter ook gebruik word vir die behandeling van migraine.

Die meganisme van werking:

  • Die triptane en die ergotalkaloiede aktiveer die serotonien reseptors op die presinaptiese senuwee eindpunte, wat dan die vrystelling van die vasodilaterende peptiede inhibeer, wat dus sal veroorsaak dat die vate nie meer gedilateer word nie.
  • Dit kan ook moontlik die vasodilatasie en rekking van die pyn-eindpunte voorkom.