In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?
Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.