Endotelium-afhanklike vasodilators soos bv. Asetielcholien en bradikinien verhoog die intrasellulêre kalsium vlakke in die endoteel wat lei to die sintese van NO ‘n endothelial-derived relaxing factor (EDRF) in die endoteel. Van daar beweeg NO na die vaskulêre gladdespier om sy vaso-verslappende effek te veroorsaak.
Konstitueel ensieme is ensieme wat op ‘n konstante basis gesintetiseer word ongeag van die fisiologiese aanvraag, dus het dit ‘n groter fisiologiese en patologiese implikasie omrede dit permanent voorkom in ‘n area.
Geïnduseerde ensieme is ensieme wat voorkom nadat ‘n substans bygevoeg is, dus is die ensiem nie teenwoordig voor die substans nie, wat beteken dat daar eers iets deur die liggam afgeskei moet word voor daardie ensiem in werking tree dus is implikasies kleiner.
Sepsis is ‘n sistemiese inflamatoriese respons veroorsaak deur ‘n infeksie. Komponente wat op bakterieë voorkom soos endotoksiene, sitokiene en tumor necrosis factor-α induseer die vorming van iNOS in makrofage, gladdespier selle, neutrofiele ens. Hierdie NO vorming in ‘n wye area lei tot erge hipotensie, skok en in sommige gevalle dood.
Stikstofoksied.
Dit verhoed byvoorbeeld dat teveel NO teenwoordig is.
Respons tot besering of infeksie lei tot die aktivering van leukosiete en vrystelling van inflammatoriese mediators. Hierdie veroorsaak ‘n toename in iNOS vlakke en aktiwiteit in leukosiete. Die NO asook peroxynitrate wat geproduseer word is ‘n belangrike mikrobiese middel. NO speel ook ‘n belangrike rol by die funksie van die imuun sel TH1 wat op reaksie van ‘n onbekende substans NO sintetiseer. Hierdie is ‘n goeie beskermende respons veral as iNOS geinhibeer is. NO stimuleer ook die sintese van prostaglandiene (aktiveer COX2). NO se vasodilaterende effek en die effekte deur COX2 speel ‘n rol by inflammasie waar dit die rooi kleur van vel veroorsaak, vaskulêre deurlaatbaarheid verhoog en edeem by akute inflammasie. ‘n Nadeel van NO by acute en chroniese inflammasie is dat oormatige NO produksie weefsel besering kan veroorsaak.
Stroke, amyotrophic lateral sclerosis en Parkinson’s disease wat ‘n oorsaak is van ooraktivering van NMDA reseptore wat lei tot oormatige sintese van NO en dus excitotoxic neuronal death.