COLS bestaan uit 3 obstruktiewe lugwegtoestande wat in verskillende grade en kombinasies voorkom, dit sluit in: Brongiale asma, Chroniese Brongitis en Emfiseem. COLS beperk die pulmonêre lugvloei en gaswisseling.
Die etiologie van Chroniese brongitis is onduidelik, maar dit word wel geassosieer met langtermyn blootstelling aan verskillende iritante soos rook, stof en gasse. Dit kom voor met verhoogde mukus sekresie, verlaagde mukusiliêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies, strukturele veranderinge in die brongiale wande met ʼn chroniese hoes as gevolg van die taai muskus.
Die etiologie van Emfiseem is rook of irritante. Dit kom voor as gevolg van strukturele skade aan die wande van die alveoli en brongioli, dis onomkeerbare verwyding.
Ipratropium verlig chroniese brongokonstriksie met simptome van hoes, hyg en asemloosheid. Ipratropium is nie baie effektief vir die behandeling van akute brongiale asma aanvalle nie en word slegs oorweeg by asmalyers waar hul teenaangedui is teen Beta 2 agoniste.
Teofillien versterk die kontraksie van die diafragma skeletspiere wat die ventilasie respons verbeter en wat sodoende die hipoksie en dispnee wat gepaard gaan met COLS pasiënte, verminder.
Suurstofterapie voorkom hipoksie by COLS pasiënte.